Maandag 5 April

1 Petrus 1:3-7

3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 4 op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

’n Lewende Hoop, as gevolg van die opstanding.

Die opstanding van Jesus is nie net ’n historiese feit nie, dit is ’n lewensveranderende krag wat vir ons hoop gee. Victor Frankl, ’n bekende sielkundige en oorlewende van die holocaust het uiteindelik sy hele tesis gebasseer op die soeke na betekenis van die mens, en hoop as die groot dryfveer vir vasbyt in tye van erge swaarkry.

Petrus was baie bewus van die belangrikheid en die krag van hoop vir Christene, in ’n tyd toe lewensomstandighede onbeskryflik swaar was vir hulle. Sy hoop is wel nie gebasseer op die mens se vermoë om innerlik genoeg moed en krag bymekaar te maak nie, sy hoop is gebasseer op iets wat Jesus vir ons gedoen het. Daarom kan ons hoop hê… Ons erfenis is gewaarborg en veilig, ons word deur die krag van God bewaar tot alles uiteindelik realiseer; ons kan hoop as gevolg van Sy genade, ontferming en liefde.

Om oor te dink:

  • Wat is hoop?
  • Wat beteken die opstanding vir jou as gelowige?

”Everything can be taken from a man but one thing: the last of the human freedoms—to choose one’s attitude in any given set of circumstances, to choose one’s own way.” Viktor Frankl

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika