*Matteus 2:1-12* (fokusteks vers 11)
_Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre._
*Om oor te gesels:*
Die sterrekykers het die sterre dop gehou met ‘n verwagting dat iemand gaan kom. Hulle was voorbereid om te vertrek toe hulle die ster sien. Hulle het selfs geskenke saam geneem vir die kind.
- Waarvoor is jy verwagtend?
- Hoe is jy voorbereid op dit wat jy verwag?
- Watter geskenke wil jy vir jou gesin en die wêreld in hierdie Kers seisoen gee? Moenie net dink aan fisiese geskenke nie. Hoe kan jy van jouself vir ander gee in die tyd?
*Prakties*
Kersgeskenke gebeur nie net nie. Maak ‘n lys van kers geskenke wat julle vir julle gesin kan kry of maak. Maak eers ‘n lys van die mense. Dink dan aan watter geskenke vir hulle die meeste betekenis sal dra. Dink buite die boks. Dalk kan julle briewe skryf, videos opneem, vir hulle geskenke maak, iets saam met hulle doen, tyd saam spandeer, of diens vir hulle doen.
*Gebed:*
Here van my lewe,
dit is u wat ons seën met alle goeie dinge. Help ons om hierdie tyd wat ons saam spandeer te koester terwyl ons voorberei om verskeie geskenke oop te maak. Ons weet dat die gee van geskenke een manier is waarop ons ons liefde vir mekaar toon. Laat hierdie geskenke ons ook herinner aan die grootste geskenk van liefde wat U aan ons gegee het. Dankie vir die opoffering van U seun aan die kruis. Dit het ons lewens verander. Help ons om ook so van onsself aan ander te gee
Amen.