Psalm 137:1-6
1By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. 2Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang 3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!” 4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land? 5As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak. 6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie. 7Onthou die Edomiete, Here, die dag toe Jerusalem ingeneem is, hoe hulle aangehou het met sê: “Breek af, breek af die stad tot op sy fondamente!” 8Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker. Gelukkig is die man wat jou terugbetaal vir wat jy ons aangedoen het! 9Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen 'n klip verbrysel.
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Here, soms is diep, diep seergemaak. My hart is so seer en daar is soveel pyn in my. Soms kom dit uit in my optrede, denke en mond. Here, U ken my. U ken my hart. Ek vra dat U my sal vergewe. Ek vra dat U my sal troos. Ek vra dat U my sal genees. Dankie Here.
Amen.