Saterdag 10 Junie 2023

Romeine 12:1
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner ons dat Jesus se koms beteken dat ons nie meer offers hoef te bring nie, maar dat ons onsself moet gee as lewende en heilige offers vir God. Wanneer ons besef dat Jesus se offer ons lewens kom verander het, dan kan ons nie anders as om onsself vir mense om ons te gee nie. Ons sal dan help waar ons kan. Ons sal bid vir ander. Ons sal dien waar ons kan. Ons sal lief hê en ’n ekstra myl stap. Dan is ons besig met die wesenlike, of anders gestel, die essensie van ons geloof.
Mag die Here jou iewers gebruik as ’n offer vir iemand wat dit nodig het.

Gebed
Here God, dankie vir U groot genade en ontferming wat U vir my kom gee het. Help my om ’n lewende en heilige offer vir U en iemand anders te wees. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika