Saterdag 16 September 2023

Lukas 13:6-9
““Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’ Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’ Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel ‘n gelykenis om te wys dat daar altyd nog plek is in die koninkryk. Mense maak verskoning hoekom hulle nie na die feesmaal kan kom nie. Dit sit die gasheer nie af nie. Hy bly nooi, selfs die mense wat mens nie gewoonlik nooi nie. Daar is altyd plek. Jesus nooi ons ook na die feesmaal. Daar is meer as genoeg plek. Ons sien dat ‘n verleentheid ‘n geleentheid word om meer mense in te nooi. Ek en jy is welkom by God se groot feesmaal. Hy nooi so veel as moontlik om deel daarvan te wees. Jesus veroordeel nie. Hy wil genade uitdeel en ons deel maak van die feesmaal.
Kom ons hou aan om mense te nooi en deel van die feesmaal te maak.

Gebed
Here, dankie dat U genade altyd genoeg is. Ek sien daarna uit om die feesmaal saam met U te geniet. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika