Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” ‘ (Joh 13:16-17)

Identifiseer:
Jesus was sy dissipels se voete en sê vir hulle om Sy voorbeeld te volg. Hulle kon dink dat hulle nie dit wil doen nie. Hulle is tog belangriker as dit. Jesus sê egter dat ons juis die geheim van die lewe sal ontdek as ons ander dien.

Oriënteer:
Die woord wat vir “gelukkig” gebruik word, is dieselfde as in Matteus 5 se Bergrede: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is” – Ons leef geseënd en gelukkig as ons ander dien. Dit gaan teen ons natuurlike gesindheid in, maar Jesus se opofferende liefde bly ons voorbeeld.

Bely:
Ek bely dat ek U lief het en U wil volg. Selfs al vra dit van my om te doen waarvoor ek nie kans sien nie of dink ek voor te belangrik is.
Mag ek ‘n opofferende hart hê om werklik gelukkig en geseënd te kan leef.

Bid:
Here Jesus, mag ek meer soos U dien. Help my waar ek sukkel. Ek vertrou my lewe aan U toe. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika