Saterdag 2 Julie 2022

Romeine 8:35, 37-39
“Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?”
“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”

Om oor te gesels of dink:
Paulus sluit hierdie hoofstuk met ‘n oorwinningslied en geloofsbelydenis af. Al sug die skepping en ons, sug die Gees vir ons. Daarom kan niks ons van die liefde van Christus skei nie. Hy noem al die dinge waarvoor hulle bang was, laat twyfel het of wat die mense gedink het hulle kan skei van God. Ons kan ‘n eie lysie maak, maar dan verklaar hy onomwonde dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Jesus se opofferende liefde maak Hom die Christus en Here van ons lewe. Ons kan die lewe met moed aanpak want niks kan ons God se liefde skei nie.

  • Is daar dinge wat jy dink jou kan skei van God se liefde?

Gebed
Abba, Vader, dankie vir hierdie versekering dat niks, maar niks my van U liefde kan skei nie, selfs nie eers die dood of my grootste vrees nie. Help my om met moed te leef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika