Saterdag 21 Januarie 2023

Jakobus 4:13-15
Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.””

Om oor te gesels en te dink
Jakobus sluit ook by die tema oor tyd aan. Soms kan ons so selfversekerd raak dat ons die Here in ons lewens mis. Hy waarsku die mense om nie so op hulle eie planne gefokus te wees en God buite rekening laat nie. Ons kan maklik in ons geskarrel vergeet dat die Here in die klein dinge in ons lewens betrokke is. Partykeer dink ons om nie die Here te pla met ons eie klein dinge nie, maar dit is juis belangrik dat ons dit sal doen. Dit is nie pla nie, maar eerder ’n erkenning dat die Here deel van ons lewens is en ’n verskil maak.
Ons kan en moet beplan, maar met ’n houding van afhanklikheid. Dit is nie vroom woorde om te sê: “As die Here wil” nie, maar spreek die vertroue uit dat die Here in ons lewens betrokke is. Ons verklaar dat ons die Here met ons tyd vertrou.
*Is dit vir jou moeilik om hierdie woorde: “As die Here wil” te bid?

Gebed
Here, ek wil in afhanklikheid van U lewe. Ek wil al my beplanning aan U oorgee. Ek wil vandag bid: “As U wil…” Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram