Saterdag 22 Januarie

Jeremia 30:3, 24
3Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander…”
24Daar kom ‘n tyd dat julle dit alles sal begryp.

Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week by Jeremia stil gestaan wat die volk bemoedig met beloftes van die Here. Tog kan mens wonder wanneer dit gaan gebeur. Is dit nog vir die Here moontlik om vir ons uitkoms te gee.
As mens Jeremia 30-33 lees word daar ’n paar keer gesê: “Daar kom ’n tyd…” Hierdie woorde herinner ons dat die Here op die regte tyd die uitkoms sal gee. Die Here werk dalk nie soos ons dit wil hê nie, maar Hy is nooit laat nie.
As ons op ons lewens terugkyk kan ons sien hoe die Here telkens Sy beloftes nagekom het en uitkoms gegee het. Ons kan aanhou om Hom te vertrou, selfs al lyk dinge nie goed nie. Kom ons herinner mekaar dat die Here die Een is wat altyd vir ons nog ’n geleentheid gee en vir ons die beste gee. Die Here se tyd is die beste tyd!

Gebed
Here, dankie dat ek kan ontdek dat U tyd die regte tyd is. Help my om U te vertrou en aan U beloftes vas te hou. Amen.

Nog om na te kyk

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram