Lukas 15:31-32
“Toe sê die pa vir hom: Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.”
Om oor te gesels en te dink
Ons ken Lukas 15 as die verhaal van die verlore seun(s). ‘n Meer gepaste beskrywing sou die verhaal van die liedevolle Vader. Die pa neem die inisiatief in beide die twee seuns se lewens. Hy is die een wat hulle terug verwelkom en herinner dat hulle steeds sy kinders is.
Die Vader se liefde vir ons laat Hom ook heeltyd na ons toe uitreik. Hy verseker ons van Sy liefde en genade. Al was ons soos die jongste wat alles gemors het of soos die oudste wat voel ons verdien iets, is die Vader se genade vir ons meer as genoeg.
Bid vandag vir iemand wat ook God se genade nodig het.
Gebed
Vader, dankie dat U altyd bly soek. Dankie dat U my aanvaar en oor my ook fees vier. Ek bid vandag ook vir…
Amen.