Johannes 13:12-15
“Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.”
Om oor te gesels en te dink
Liefde maak nie altyd sin nie, tog moet dit ons nie ontmoedig om te probeer lief hê nie. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel en as volgelinge moet ons voete was, al maak dit nie sin nie. Ons hoef nie oorweldig te wees nie. John Wesley help ons met die volgende aanhaling:
“Doen soveel goed as wat jy kan.
Op soveel maniere as wat jy kan.
Op soveel plekke as wat jy kan.
Aan soveel mense as wat jy kan.
So dikwels as wat jy kan.
So lank as wat jy kan.”
Mense onthou nie wat jy vir hulle gesê of gedoen het nie het nie, maar hoe jy hulle laat voel het.
At the end of the day people won’t remember what you said or did, they will remember how you made them feel. Maya Angelou
Gebed
Here, ek wil leer om lief te hê, selfs al maak dit nie sin nie. Mag ek U liefde deel en U voorbeeld volg. Amen.