Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
"Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word." (Lukas 22:24)
Identifiseer:
Tydens hierdie NAG op pad na die kruis begin Jesus se dissipels stry oor wie van hulle die belangrikste is. Mens kan jouself amper nie indink hoe hulle mis wat aan die gebeur is nie. En hoe min hulle Jesus in hierdie lyding eintlik ondersteun.
Oriënteer:
Ons kan die dissipels maklik veroordeel en dink hulle moes beter doen. Maar wat as ons vir ’n oomblik in hulle skoene probeer staan. Is ons nie ook met tye so besig om op onsself te fokus en selfs deur lydenstyd onbewustelik te beweeg nie?
Bely:
Ek is vandag opnuut bewus van Lydenstyd. Dat dit ons herinner van die pad wat Jesus gestap het na die kruis. Maar ook die pad waarop ek uitgenooi word om stil te staan op na die kruis.
Bid:
Here, mag hierdie lydenstyd vir my nuwe lig bring. Lig in ’n wêreld wat vir my soms donker voel. U is my Lig. Amen.