Psalm 23:3
“Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.”
Om oor te gesels en te dink
Gister het ons nagedink oor wat dit in jou lewe sal beteken om niks ‘kort te kom nie’. Om by ‘waters te wees waar daar vrede is’. Ons het dit ook met God gedeel – dit wat ons dink ons benodig. Vandag is die fokus om te vra wat God moontlik dink ‘okay’ of te wel ‘oorvloed’ vir ons beteken. Dit beteken dat ons God moet vra. En vertrou dat God ons op die regte pad sal lei.
Gebed
Here, dankie dat ek kon deel wat ek dink, ek benodig. Vandag vra ek, Heilige Gees, dat U my sal lei – in my denke, hart en begeertes – op die regte pad, tot eer van U Naam. Amen