Saterdag 29 April 2023

Lukas 24:33-35
Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, en dié sê: “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!” Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het.

Om oor te gesels en te dink
Onmiddelik nadat hulle Jesus herken het, het hulle dadelik Jerusalem toe gegaan. Hulle kon dit stil hou nie en moes daarvan getuig. Nog voor hulle iets kon sê bevestig die ander dissipels dat Jesus regtig opgestaan het en aan Petrus verskyn het. Hulle het vertel hoe Jesus saam met hulle geëet het en hulle Hom herken het. Dit was lewensveranderend. Jesus het mense in die koninkryk van God ingeëet.
Ons kan ook nie stil bly oor wat die Here vir ons doen nie. Ons kan by Jesus leer en saam met mense brood breek en hulle so in die koninkryk van God in nooi.

  • Wie druk die Here op jou hart om ’n broodjie saam te breek?
  • Deel met iemand hoe die Here jou hart warm gemaak het.

Gebed
Here, dankie dat U leef! Dankie dat U saam met ons die pad stap. Mag ek U liefde met iemand vandag deel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika