Saterdag 3 Junie 2023

Jesaje 61:1-3
Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.

Om oor te gesels en te dink
Die Goeie Nuus is trasformerend. Dit verander ons, dit verander lewens en gemeenskappe. Jesaja praat van Geesvervulde aksies wat die Goeie Nuus vir mense in nood, die wat moedeloos is en vasgevang voel, bring. Ons is ook met die Heilige Gees vervul en deur God gestuur. Waarheen stuur God jou vandag om die Goeie Nuus vir mense wat dit nodig het, te bring?

Gebed
Here, werk vandag deur my dat ander U genadig en Goeie Nuus kan beleef. Dat die mense wat oor my pad kom wat moedeloos, sonder hoop, hartseer, vasgevang en in nood is, deur my woorde en aksies, my teenwoordigheid, bewus kan wees van U teenwoordigheid. Here, stuur my en wys my waar U reeds besig is om mense te troos. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika