Saterdag 30 Januarie

Matteus 26:39

Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.

Christus stel vir ons die voorbeeld van in vrede leef omdat God in beheer is. Dit sien ons in Getsemane. Hy pleit wel om ‘n ander uitkoms maar berus by God se beheer.
Ons week se gebed om vrede vir die week bid so:

God skenk my die gemoedskalmte om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om dinge te verander wat ek kan,
en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Om een dag op ‘n slag te leef, een oomblik op ‘n slag te geniet.

Swaarkry te aanvaar as die weg na vrede.

Die sondige wêreld soos Hy gedoen het, te aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie.

In vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk as ek in oorgawe aan sy wil leef

Sodat ek redelik gelukkig sal wees in hierdie lewe en vir ewig die hoogste geluk by Hom sal ervaar.

Ware vrede lê in die besef dat ons of ek nie in beheer van my eie lot en lewe staan nie. Dit bring die vrede dat wat ook al gebeur nie net deur my doen en plan bepaal word nie. Die geloof in God en aanvaarding dat Hy in beheer is, is die basis van alle vrede. Ja ons moet ons lewe leef in geloof en met verantwoordelikheid en oorgawe. Maar God bepaal die uitkoms. Daarom kan my vandag se doen en plan vreedsaam gebeur, want God is aan die werk in my lewe.

Om oor te dink:

  • Probeer jy nog als in jou lewe beheer.
  • Het jy al aanvaar dat God als ten goede laat meewerk en soek jy in oorgawe daai doel van God in jou lewe.
  • Vind jou vrede in die wete dat God alles beheer en ten goede laat meewerk vir jou as gelowige.

Gebed
Dankie Here dat U in beheer is van my lewe, die wêreld en sy magte en die natuur. Dankie dat U alles ten goede laat meewerk. Help my om voluit te leef as instrument in U hand met U vrede in my Hart. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika