Saterdag 30 September 2023

Jona 4:2
2Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.

VRAE:

  • Jona se houding as mens is nie as gevolg van ‘n onsekerheid oor wie God is nie. Hy is heeltemal vertroud met wie God in wese is. As jy luister na hierdie vers, weet Jona baie goed wie die God is, met wie hy in verhouding is. Die wonder en prag van die vers is dat Jona genoeg vrymoedigheid het, om by hierdie God homself te wees. Hy is nie besig om voor te gee, of God te probeer om die bos te lei nie.
  • God werk ook sagkens met Jona. God gebruik die natuur, vrae en metafore om met Jona te werk en sy hart aan te spreek. God is self met ons tekortkominge op ‘n sagte en liefde volle manier besig. Hoe help God vir Jona om sy hart en denke te skuif sodat hy nader is aan God se wil? Hoe vergelyk dit met maniere waarop God al met jou gewerk het? Hoe het God die natuur, vrae en metafore gebruik om jou bewus te maak van areas waar jy steeds kan of moet groei?
    -Wat sou gebeur as jy vir God net so goed geken het, soos wat Jona hom ken? Sou jy so eerlik met God kon wees? Sou jy vir God so intens kon vertrou dat Hy nie vir jou kwaad sou toewens nie? Hoe sou jou verhouding met God tans beter kon lyk, gebaseer op hoe goed jy vir God ken? Hoe kan jy vir God beter leer ken?
  • Hoe leef jy saam met mense wat ook steeds moet groei in hulle eie menswees? Hoe help jy hulle om meer van God se hart te ontdek en dit te begin uitleef? Hoe hanteer julle situasies waar julle uitgedaag word om te groei maar julle eie swakste eienskappe julle versoek om die pad byster te word? Hoe herstel julle die verhouding?

Gebed:
Here, ek wil U dank vir die buitengewone hoeveelheid liefde en genade wat ek van U ontvang. Here, kan U my help om dieselfde tipe genade vir ander wat saam met my op reis is te gee. Here, help my om nooit te vergeet wie U is nie. Here, help my om nader aan U karakter te leef en dit ook vir ander te gun.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika