Saterdag 4 November 2023

Matteus 5:14-16
Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Om oor te gesels en te dink
Jesus gebruik die beeld dat ons lig vir die wêreld is. Ons woorde en dade wys vir almal om ons wat ons glo. Daarom moedig Jesus ons aan om so te leef dat die mense om ons, deur die goeie werke wat ons doen, die Vader sal verheerlik. Dit plaas ’n groot onus op ons om met alles wat ons doen Jesus se liefde te wys. Deur met goeie werke ons liefde sigbaar te maak, verdryf ons die duisternis.
Soos Jesus se liefde vir elkeen van ons sonder voorwaardes kom, moet ons almal waarmee ons te doen het, met liefde behandel. Jesus het God se genadejaar kom aankondig en maak ons deel daarvan dat ons dit nie net self beleef nie, maar ook kan deel met ander. Ons lig en liefde kan nie weggesteek word nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U ons Lig is. Ek wil graag deur wat ek doen U lig vir ander wys. Help my om ’n goeie ligdraer te wees. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika