*Romeine 15:13*
_Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!_
*Om oor te gesels:*
– Daar is verskeie goed waarvoor ons kan hoop in die wêreld vandag. Hoe lyk jou hoop vir HULP? Hoe lyk jou hoop vir OORWINNING? Hoe lyk jou hoop vir KRAG? Hoe lyk jou hoop vir die EWIGHEID?
– Hoe praat julle gesin oor Hoop? Is dit sigbaar in julle daaglikse lewe?
– Hoe verskil ‘n lewe wat gevul is met hoop van die wat hopeloos is? Hoe kan julle mekaar herinner om aan hoop vas te hou?
*Prakties*
Versier die huis. Soos ons, nou ons harte voorberei vir Jesus se koms. Gebruik die dag om julle huis ook te versier vir die fees seisoen.
*Gebed:*
Here van my lewe,
Ek het op my eie aangegaan en m hoop op soveel goed geplaas wat my teleurgestel het.
Dankie dat U vir Jesus gestuur het om my verlosser van al hierdie dinge te wees. Ek glo Hy het gekom om my vry te spreek en my nuwe lewe in oorvloed te gee.
Here, leer vir my hoe om met hoop, met ‘n verwagting en in antisipasie te leef dat U my lewe sal verander, my karakter sal aanpas om meer soos U karakter te lyk, en om my omstandighede te verander.
Here, ek plaas my hoop in U en vra dat U my asb. bewus sal maak van U teenwoordigheid in my lewe. Dankie Here dat ek hiervoor kan vra.
Amen