Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 10
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Heilige Gees,
U ken my hart. U verstaan my diepste begeertes en behoeftes, en U ken ook elke voorneme wat ek het. U ken my beter as wat ek myself ken. Ek kan nêrens gaan om van U teenwoordigheid te ontvlug nie, en ek kan niks vir U wegsteek nie!
Dis hoekom ek, op hierdie oomblik, vra dat U aan my u Goddelike wysheid en leiding sal gee.
Ek weet nie altyd waarvoor om te bid nie. My siel is tam en ek is moeg. Ek bekommer my dikwels of ek die regte besluit neem, want ek wil ‘n lewe lei wat U eer.
Al voel dit of ek nie vorentoe kan beweeg of sien wat wag nie, sien U my. U ken my ook. Lei my dus asseblief. Wys my die paaie wat na oorvloedige lewe lei, en oortuig my wanneer ek in die versoeking kom om van U af te dwaal.
Terwyl U my lei, herstel my ook. Ek sal te alle tye op U hoop, want U ken alle dinge, en by U bly ek behoue. U is my krag in tye van nood en U het my verlossing geword.
Hou my dus naby U, Here, en leer my hoe om waardig te wandel volgens die roeping wat U my gegee het. Rig my treë terwyl U oor my lewe die wag hou, want ek wil U verheerlik.
In die Naam van Jesus,
Amen.