Filippense 3:7-11
“Maar alles wat vir my wins was, reken ek nou as verlies, ter wille van Christus. Inderdaad reken ek alles as verlies, ter wille van die uitnemendheid daarvan om Christus Jesus, my Here, te ken. Ter wille van Hom, het alles vir my 'n verlies geword, en beskou ek dit as vullis, sodat ek Christus as wins kan verkry, en in Hom bevind kan word – nie met my eie geregtigheid op grond van die wet nie, maar met die geregtigheid deur geloof in Christus, die regverdiging wat van God kom, deur die geloof – en sodat ek Christus kan ken, die krag van sy opstanding, en die verbondenheid met sy lyding, deur aan sy dood gelykvormig te word, en ek so, hoe dan ook, die opstanding uit die dood kan bereik.”
Om oor te gesels en te dink
Paulus is hier aan die woord. Hy beskou dit wat vroeër vir hom belangrik was as nikssegend, ń verlies. En hy wil graag vir Jesus ken, asook die krag van Jesus se opstanding.
Hoe graag wil jy vir Jesus ken? En die krag van Jesus se opstanding besef en beleef? Neem vandag ń oomblik om weer hierdie teksvers te lees en reflekteer oor wat vir jou belangrik is in die lewe en of dit ook nikssegend en ń verlies is teenoor die getuienis van die Goeie Nuus van Jesus en Sy opstanding nie?
Gebed
Here, ek wil U so graag beter leer ken. Wys my waar U vandag met my besig is en Heilige Gees werk aan my hart om die dinge wat nikssegend teenoor die opstanding is, op sy te skuif - sodat ek Jesus beter kan ken. Amen