Romeine 5:3-5
3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en diƩ hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
Om oor te gesels en dink:
Wanneer mens swaar kry, is om daaroor bly te wees die laaste ding wat jy doen. Jy ervaar eerder woede en aggressie daaroor. Maar Paulus se perspektief oor swaarkry resoneer met mense wat deur moeilike omstandighede is. As jy terugkyk op jou swaarkry, kry jy nuwe perspektief en kan dit wees dat jy jou daaroor verheug.
Ons sien progressie van swaarkry tot hoop. Dit bring volharding en egtheid van geloof wat lei tot hoop. Wanneer ons hoop het, kan ons kans sien vir wat ook al op ons pad kom. Die Heilige Gees is in ons harte uitgestort om ons te herinner aan hierdie hoop en liefde van God.
Gebed
Here, help my om my te verheug in my swaarkry. Laat my vashou aan die hoop. Dankke vir U liefde wat altyd by my is. Amen.
Daar is geen groter troos of vreugde as die sekerheid dat jy midde-in jou nood omsluit word deur die liefde van God nie. (Johannes Calvyn)