Die mens is goed – geskep om familie te wees.
1 Johannes 3:1-3
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 3Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.
Om oor te gesels:
Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.