Vrydag 12 Mei 2023

Matteus 28:18-20a
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.””

Om oor te gesels en te dink
Die opgestane Jesus kom nader na sy dissipels toe en sonder om te verwyt of kwaad te wees, herinner Hy hulle dat Hy alle mag gegee is. Daarom kan Hy hulle die opdrag gee om na al die nasies uit te gaan en hulle te vertel van die opgestane Jesus. Uit hulle getuienis sal hulle mense aanmoedig om Jesus se dissipels te word. Hulle moet ook gedoop en geleer word, soos wat Jesus hulle geleer het. Hierdie staan bekend as die Groot Opdrag. Hierdie is vir elke gelowige bedoel. Jesus stel ons in staat om ander mense van Hom te vertel en hulle deel te maak van God se familie. Iemand naby aan jou het nodig om te hoor dat Jesus vir hulle lief is. Dit is nie altyd daar ver of iemand anders se werk nie. Jy is die persoon wat ’n verskil maak aan die mense rondom jou.

Gebed
Here, U wat alle mag in die hemel en op die aarde besit! Dankie dat U my in staat stel om te getuig van U. Help my om vandag aan iemand U liefde te wys. Amen.


Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika