Vrydag 13 Augustus

Filippense 1:15-18
15Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings. 16Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig; 17maar eersgenoemdes maak Christus bekend uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings. Hulle oogmerk is om die gevangenskap vir my nog swaarder te maak. 18Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus deel sy hart dat daar mense is wat verskillende redes Jesus verkondig en waarskynlik ook dien. Tog is dit ook ‘n rede vir vreugde in ‘n tyd van verlies. Ongeag van die mense se intensies, word Jesus verkondig. Die feit dat die koninkryk uitgebrei word gee vir Paulus vreugde. Soms word ons so vasgevang in waarom mense dinge doen wat hulle doen. Paulus vra vir ons om verby dit te kyk. Bring dit eer tot God se naam en koninkryk? Vind dan vreugde daarin.
  • Ken jy mense wat die Here opreg dien? Ken jy mense wie se lewens opreg getuig van ‘n verhouding met Jesus? Waarom sou jy sê hulle is opreg? AS iemand na jou intensies sou kyk, sou hulle vind jy is ook opreg? Deel jou hart met die Here.
  • Ken jy mense wat die Here NIE met ‘n opregte hart dien NIE? Ken jy mense wie se lewens NIE getuig van ‘n opregte verhouding met Hom NIE? Waarom sou jy so sê? Dink jy daar is sommige mense wat tog iets van God kan beleef in hulle teenwoordigheid en menswees? As iemand na jou intensies sou kyk, sou hulle vind jy is ook nie altyd opreg nie? Deel jou hart met die Here.
  • Probeer om vandag genade en liefde te vind vir mense saam met wie jy nie kan saamstem nie. Veral mense wie jy glo dinge doen vir die verkeerde redes en met die verkeerde intensies. Probeer vreugde vind in die feit dat tot ‘n mate word God ook deur dit verheerlik.

Gebed:
Here van my lewe, God wat my altyd verwelkom, Wys my vandag om ontvanklik te wees vir U Stem, of vir ander mense rondom my. Wys my ook daarop as ek nie ontvanklik is daarvoor nie.
Ek begeer om meer spasie vir U in my lewe hê en dat dit terselfdertyd spasie is wat vrede vir ander bied. Tog is daar so baie dinge in my lewe wat hierdie tyd in beslag neem en wat my verhoed om met U En mense rondom my tyd te spandeer. Meeste van dit is goeie dinge, tog veroorsaak dit chaos binne-in my. Ek het vandag U wysheid nodig, Here, om te weet waarvan ek ontslae moet raak en wat ek nodig het om ter ere van U naam aan te wend. Help my om te laat gaan, as ek van iets ontslae moet raak, om meer van myself te kan gee. As iets moet agterbly, mag ek dit mildelik uitdeel aan ander tot eer van U Naam.
In die Naam van die Een wat besig is om vir my plek voor te berei.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika