Genesis 1:1-31
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
Om oor te gesels of te dink:
- God het gesê. Hy gee ‘n opdrag. En daar vind skepping plaas. Dit is kreatief. Dit vorm uit niks uit. Dit maak iets nuut. Dit gee lewe. Dit onderskei van wat voorheen was. En dit is goed. God se Woord kreatief, skeppend en lewend. Is dit hoe jy God se Woord beleef? Wanneer jy stil raak by die Woord, is jou verwagting dat jy dit gaan beleef wanneer jy God se Woord gaan lees?
- Ons is in God se beeld geskep. Dit beteken dat daar elemente hiervan ook in ons woorde geleë is. Wanneer ons praat, is ons ook besig om opdragte te gee, nuut te maak, kreatief te wees, realiteite te skep uit niks, lewe te gee aan ons woorde, te onderskei van wat voorheen was. Die probleem is met die val en die invloed van sonde in die wêreld, is dit nie altyd goed nie. Ons woorde, die gebruik daarvan, die denke agter dit en die realiteit wat ons skep is lelik en afbrekend. Hoe lyk jou woorde, as jy na jou tipiese dag moet kyk? Dink aan die woorde wat jy spreek en in jou gedagtes maal.
- Hoe kan jy jou woorde meer in lyn bring met die Woord van God? Hoe kan jy meer van God se skeppende kreatiewe Woord in jou hart dra en op jou lippe hou? Hoe gaan jy dit prakties doen?
Gebed:
Here, minder van myself en meer van U.
Here, minder van my woorde en meer van U Woord.
Here, minder van my wil en meer van U wil.
Here, minder van my eie hartklop en meer van U hartklop.
Amen.