Vrydag 15 Julie 2022

Jesaja 61:3
“die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.”

Om oor te gesels of dink:
Jesaja gee die volk verdere hoop en sê dat hulle bome van redding genoem sal word. Die Ou Vertaling sê: “terebinte van geregtigheid” wat verwys na ’n terpentynboom of eikeboom wat as metafoor gebruik word vir die herstel van die volk. Dis ’n sterk boom wat tot 5m hoog word en is gebruik vir perservering en as geneesmiddel. Die bessie van die boom is ook in kos en wyn gebruik. Soos wat hierdie bome tot nut vir almal is, so sal sy volk ook genesing en vreugde vir almal om hulle bring. Hulle sal strewe na geregtigheid en die regte ding doen.
Jy kan vandag weet dat daar waar jy geplant is, jy ’n verskil maak. Mag jy vir die mense om jou standvastig wees. Mag jy ’n genesende invloed op hulle hê en vreugde bring.

Gebed
Here, mag ek vandag vir iemand ’n verskil maak. Mag ek ’n boom van redding wees om iemand te help. Mag ek U vandag eer met wat ek doen. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika