Vrydag 17 Desember

Filippense 4:4-7
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Om oor te gesels en dink:
Wat was die hoogtepunt en laagtepunt van jou jaar? Watter emosie dink jy beskryf jou ervaring van 2021 die beste?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Prediker sê dat daar 'n tyd vir lag én 'n tyd vir huil is. Jesus self het by Lasarus se graf gehuil. Nou staan hier verbly jou altyd in die Heer. Wat dink jy van die idee dat hierdie teks nie noodwendig beteken dat ons die heeltyd gelukkig moet voel nie, maar dat ons 'n ingesteldheid tot vreugde in die Here moet hê. Wat beteken so 'n ingesteldheid vir jou?
  • Paulus skryf hierdie woorde terwyl hy in die tronk sit. Sy omstandighede bepaal nie sy ingesteldheid nie. Wat kan jy in 'tronk tye' doen om 'n ingesteldheid op vreugde te hou?

Hierdie teks is soveel meer as 'n 'Christen sousie' wat ons pyn en seer wil toesmeer. Dit is 'n oproep tot 'defiance' in moeilike omstandighede waar ons ons omstandighede trotseer omdat ons ingesteldheid nie op ons omstandighede is nie, maar op die Here wat die pad saam met ons stap. Nee dit maak nie alles dadelik beter nie, maar dalk is blydskap in die Here om my kop te lig, al is dit net met 'n millimeter, want ek verbly my in die Here.

Gebed
Here, hierdie tye is vol soveel oppe en affe. Dis soms so ongelooflik moeilik om Fil 4:4 se woorde aan te hoor. Want lewe is swaar party dae. Meer as wat ons kan verwoord. Maar Here, gee my asb vandag 'n gees van 'defiance' wat weier dat ek gelykstaande word aan my omstandighede, maar eerder aandring dat dat daar steeds hoop en vreugde is, want U is steeds God. Help my (en ander) asb om ons koppe te lig, millimeter op 'n slag, omdat U vir ons 'n lewe van oorvloed gee. Help ons asb om te ontdek wat dit beteken.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika