Vrydag 17 Februarie 2023

Kolossense 4:5b
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”

Om oor te gesels en te dink
Ons leef op geleende tyd en daarom moet ons die beste gebruik maak van elke geleentheid. Paulus sê letterlik “koop die tyd uit”
Ons vergeet dat die by ons is en vir ons elke dag sorg en geleenthede gee om ’n verskil te maak. John Donne sê: “Baie mense wat Sondae die Onse Vader bid, leef die res van die week asof hulle weeskinders is.”
Ons leef so maklik asof alles net van onsself afhang. Paulus herinner ons om in afhanklik van God die geleenthede wat Hy vir ons gee aan te gryp.
Wanneer ons die tyd uit koop, skep ons ook geleenthede waardeur ons wys dat God se omgee en sorg ’n realiteit is.
Wanneer ons voor keuse gestel word, bid daaroor en vertrou die Here om vir jou wysheid te gee om die beste daarvan te maak.

Gebed
Here, dankie vir geleenthede. Mag ek vandag my tyd uitkoop en daarmee aan U al die eer gee. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika