Vrydag 17 Maart 2023

Psalm 13
1Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid. 2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe lank sal die vyand my nog oorheers? 4Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, 5anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang. 6Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer beleef ‘n afwesigheid van die Here. Hy voel jy bid met die plafon. Niks wat hy sê dring deur tot die Here nie. Die prag van die Psalm is egter dat hy dit sê met sy mond (of pen) en tog deur sy Psalm wys dat hy innerlik daarvan oortuig is dat God werklik luister en teenwoordig is. Hy praat steeds met die Here. Hy is oortuig die Here is die een waar die oplossing lê. Dit spreek van diep gegronde geloof. Dit getuig van ‘n God wat nog altyd teenwoordig was, selfs al beleef die skrywer tans meer stilte.
  • Die Psalm skrywer sê in vers 5 dat sy teenstanders verheug in sy ondergang. Beleef jy tans so iets? Of het jy al in die verlede gevoel jou teenstanders wag net vir jou om te vou? Deel jou hart met die Here oor hierdie ervaring.
  • Waar is God in die tye waar dit vir jou voel jou teenstanders wag vir jou ondergang? Deel jou hart met die Here.
  • Wat is die verskil tussen ‘n ondergang en ‘n oorwinning in jou lewe? Hoe verskil dit van mekaar? Hoe sal jy weet wanneer God vir jou ‘n oorwinning behaal het?

rou OEFENING:

  • Maak ‘n lys van mense, plekke en omstandighede in jou lewe wat restourasie benodig.
  • Bid die woorde van Numeri 6:24-26 oor elkeen wat op jou lys is.

rou GEBED:
Inasem: Here, dit voel asof ek ondergaan.
Uitasem: Maar ek sal vertrou in U standvastige liefde.
(Herhaal verskeie kere tot jy vrede beleef.)
Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram