Deernis – Lees ‘n boek vir perspektief
1 Tessalonisense 5:15-22
15Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense.
16Wees altyd bly. 17Bid gedurig. 18Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
19Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. 20Moenie profesieë geringskat nie, 21maar toets dit alles, behou wat goed is, 22en bly weg van alles wat sleg is.
Om oor te gesels:
Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.