Vrydag 19 Maart

Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood

Johannes 6:35
Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie

  • God leer ons om te bid vir brood
  • Brood is 'n term wat gebruik word vir dit wat lewe moontlik maak.
  • Fisiese brood (kos) is dit wat ons krag gee om elke dag te kan leef.
  • God sê dat ons ons kos van Hom mag afbid. Hy wil daarin vir ons sorg.
  • Maar Hy wil dat ons uit hierdie krag van kos, Sy naam grootmaak.
  • Om te bid vir brood bring dus waardering vir God se sorg.
  • Dit vra ook verantwoordelike omgang met sy kos(sorg).
  • As ons weet dit kom van God dan het ons respek en waardering daarvoor.
  • God wil egter vir ons meer as net kos gee sodat ons elke dag kan leef, Hy wil ook die ewige lewe gee.
  • Daarom as ons bid vir brood, bid ons ook vir die gawe van ewig leef.
  • Christus sê Hy is die ewige brood.
  • Ons brood bede is dus ook ‘n bede dat Christus in my sal kom woon deur die Heilige Gees.

Om oor te dink:

  • God wil ons in staat stel deur kos om elke dag vir Hom te leef.
  • Hy wil ook vir ons die ewige lewe gee.
  • Om God so in ons lewe te beleef is 'n voorreg!

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Dankie Heer vir die kos wat U gee wat ons in staat stel om te leef.
Help my Heer om dankbaar te wees vir U krag en sorg.
Skenk ook vir my die sekerheid van die ewige lewe Heer, en dankie dat U dit vir my moontlik maak.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika