Vrydag 2 Oktober

1 Korintiƫrs 6:19-20
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Om oor te gesels:

  • Eer en respekteer ons God werklik vir ALLES wat Hy geskep het? Wanneer vir jy dit moeilik om God te eer vir wat Hy geskep het? Waarom?
  • Hoe laat dit jou voel om te weet God het jou geskep? Hoe voel dit om te weet jy behoort nie aan jouself nie maar aan God?
  • Indien God ons Skepper en heerser is, hoe eer ons God met ons liggame en lewens?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=FlNzbP3-SYs

Gebed:
Here Jesus
U is my eerste
U is my laaste
U is die hede
U is die verlede
U is my siel
U is my lig
U is my lewensredder
U is my verlosser
Daar is elke dag nuwe genade
Selfs al mis ek die merk op soveel maniere
U maak my sterk
U laat my nooit gaan nie
Ek weet dit, want U is so lief vir my
Dankie
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika