Lukas 10:41
41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,
Om oor te gesels of te dink:
- Wanneer Jesus Marta beantwoord is dit nie met ‘n teregwysing, vernedering of vermaning nie. Dit is met empatie, liefde en deernis. Jesus ken haar naam. Daar is verhouding. Hy is steeds so lief vir haar. Hy sien haar hart. Hy sien die ywer en die swaarkry. Hy erken hulle band. Met sagtheid vestig hy eers weer konneksie. “Marta, Marta.” Soos ‘n geliefde bring Hy haar tot bedaar. Hy bring die aandag op die probleem, wat sy moontlik nie self raaksien nie. Jesus bring rustigheid.
- Wanneer laas het jy die liefde, deernis en empatie van Jesus beleef? Kan jy Jesus se stem hoor wat na jou roep in die besig wees? Hoe sal dit vol as Jesus sagkens jou na met soveel intensionaliteit roep. Plaas jou naam in die plek van Marta. “Marta, marta. Jy is besorg oor baie dinge.” Hoe laat dit jou voel? Wat kan jy vanoggend by Jesus hoor wanneer Hy jou so by die naam roep?
- Waaroor is jy so baie besorg? Wat dra jy op jou skouers, in jou hart en in jou gedagtes? Wat het jy nodig om vandag by die Here te bely?
- Deel met die Here wat jou aandag weg van Hom trek. Wat maak dat jy so hard werk, so besig is, so rond hardloop? Watter gedagtes dryf al die aktiwiteit?
Gebed:
Here, wanneer ek U stem so sagkens my naam hoor roep, breek my hart met dankbaarheid oop. Dankie dat U soveel liefde ook vir my het. Dat U ook my tot stilstand wil roep. Dat selfs ek nie so baie besig hoef te wees nie. Dat selfs ek ook vir U belangrik genoeg is om by U voete te kan kom sit. Dankie Here.
Amen.