Jesaja 55:1-3
“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.”
rou VRAE:
- Kan jy onthou van 'n tyd waar jy amper nie meer kon vashou nie? Hoe sou jy so 'n tyd beskryf en hoe voel dit?
- Wat is die een gedagte waaraan jy vashou wanneer jy voel niks anders kan help nie?
- Hoe bring hierdie gedagte vir jou vrede?
- Jesaja herinner ons aan die belofte dat God altyd voorsien.
rou OEFENING:
- Teken its wat jou aan jou situasie nou herinner. (Hê pret en teken buite die lyne).
- Teken of skryf die hulpbronne neer wat jy tans het in jou situasie. Dink aan die mense wat jy kan kontak, die beloftes en waarhede wat jy weet.
- Skryf vandag se datum by en wat vandag moontlik is om te doen.
rou GEBED:
Here, in dit wat ek vandag moet doen, wil ek vra vir die regte hulpbronne om mee te begin. Here, help my om nie met die probleme te begin nie, maar dit wat ek in my hand het om probleme op te los. Here, wys vir my in die regte tyd, soos ek leef wat ek volgende moet doen. Here, veral wanneer ek onseker voel oor die volgende tree.
Amen