Vrydag 24 November 2023

Johannes 13:5-9
“Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?” En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.” Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.””
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Soos Dawid se liefde vir Mefiboset nie sin gemaak het nie, wys Jesus vir ons groter liefde wat nie sin maak nie. Jesus is bereid om sy dissipels se voete te was en hulle te dien. Petrus sukkel om dit te verstaan, net soos Mefiboset dit ook nie verstaan het nie. Petrus sê: “Ja, maar…”
Ons is baie maal soos Petrus wat sukkel om God se liefde te aanvaar en ook om liefde wat nie sin maak uit te leef nie. Ons het baie verskonings. Ons sê maklik: “Ja, maar…”
Jesus stel nie eers ‘n klomp voorwaardes voordat Hy sy dissipels se voete was nie.
Hy stel die voorbeeld en gee vir ons ‘n nuwe opdrag om dieselfde te doen.

Gebed
Here Jesus, ek wil lief hê al maak dit nie sin nie. Help my om U liefde te aanvaar en ook U liefde en goedheid met ander mens te deel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika