Vrydag 25 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: Exodus 20:15-16

15 Jy mag nie steel nie. 16 Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.

Om oor na te dink

  • Leuens, diefstal en bedrog is alles karaktereienskappe van Satan. In God se koninkryk geld die teenoorgestelde hiervan.
    -Vertel jy leuens? Wit leuens, halwe waarhede, klein leuentjies en groot leuens is alles dieselfde voor God. Leuens is leuens.
  • Het jy enigsins kompromieë aangegaan in jou lewe deur leuens?
  • Steel jy, selfs al is dit net ‘n klein bietjie?
  • Vat jy toerusting by die werk sonder toestemming?
  • Besteel jy God se werk deur nie dankoffers te gee nie?
  • Vra jy buitensporige huur vir jou huurders of prys vir jou produkte?
  • Dis hierdie “grys areas” in ons lewens wat vir God
    betekenisvol is. Hy heg groot waarde aan integriteit en eerlikheid.
  • Sy koningkryk kom waar ons nie steel of lieg of oneerlik is nie.

Om voor te bid

  • Dank God vir alles wat Hy jou gegee het, sonder om dit met ander te vergelyk.
  • Bid God vir aanvaarding vir dit wat Hy jou gee, sodat jy nie 'n behoefte het om meer te vat as wat jou toekom nie.
  • Bid vir wysheid vir jou gemeeteleiers dat hul dit wat hul ontvang so sal aanwend dat God se koninkryk sal kom in die gemeente.
  • Bely voor God waar en hoe jy Sy opdrag van nie steel en nie lieg oortree het.
  • Bid dat God jou krag sal gee om vorentoe die versoeking te weerstaan om dit nie weer te doen nie.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika