Vrydag, 26 Februarie

Here, leer ons bid
Psalm 145 (klem op vers 10-12)
Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. 9Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. 10Almal wat deur U geskep is, loof U, Here, en u troue dienaars prys U! 11Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag. 12Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit. 13U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen.

Om oor te gesels:

  • Hoe dink jy oor die Here se heerskappy? Hoe lyk God se mag en krag? Waartoe is God werklik in staat, volgens jou?
  • Wanneer jy bid, bid jy vir dinge wat jou bang maak en te “groot” voel vir jou? Of bid jy net vir goed wat jy self tot stand kan bring? Wat is die grootste ding in jou lewe waarvoor jy God tans vertrou?
  • Hoe laat dit jou voel om ten volle afhanklik van die Here te wees, om te vertrou hoe Hy sorg en heers? Vertrou jy werklik sy Heerskappy?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=gUH_NzfRmbs

Gebed:
Here, ek dank U dat U waarheid in die atmosfeer van aanbidding woon. Sterkte en heerlikheid is in U heiligdom. Ek aanbid U in die prag van U heiligheid. Ek loof U omdat U magtig, kragtig, liefdevol, vriendelik is, (deel jou belewenis van God). Ek dank U dat U sal deurbreek in die droë, harde dele van my lewe (Esegiël 37: 1-10). Help my om op te staan as aanbiddende bruid.

Help my om diep in my hart te weet dat U deurbreek in my gebede. Gee my 'n visie van wie U is in al u prag en majesteit (Eksodus 15: 6-7). Ek wil U deur die dag aanbid en op 'n groter manier sien (Psalm 63: 2-4). Deurdring my lewe met U glorie en majesteit. Leer my om my gedagtes van U, in lyn te bring met U grootheid. En gee my 'n nuwe manier om na die lewe te kyk. Ek kies om U teenwoordigheid die sentrale fokus van my lewe te maak. Ek weet dat U waarheid in 'n atmosfeer van aanbidding woon. U is majestueus in heiligheid, ontsagwekkend van heerlikheid en wonders (Eksodus 15:11, 13). Ek dank U dat U my in daaglikse oorwinning lei.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika