1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.
VRAE:
Gebed:
Here, ek weet U is die Goeie Nuus in antwoord op al die slegte nuus om ons. Here, help om braaf genoeg te wees om dit met ander te kan deel. Here, help my om ‘n draer van Goeie Nuus te wees. Here, help my met wysheid, onderskeiding en die regte woorde wanneer ek met mense se slegte nuus gekonfronteer word. Here, help my om te getuig vanuit my lewende verhouding met U, nie net kop kennis wat ek weet nie.
Amen