Vrydag 29 April 2022

Handelinge 9:3-5
“Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.”

Om oor te gesels of dink
Die Here roep soms die onwaarskynlikste mense op hulle naam. Saul het die kerk vervolg en was teen die Here, tog verskyn die Here aan hom en roep hom op sy naam. Saul kom tot die insig en aanvaar die Here se liefde. Sy lewe verander en ook sy naam. Hy is nie meer Saul nie, maar Paulus. Sy verlede word nie teen hom gehou nie.
Ons dink dat die Here ons nie op ons naam kan ken oor dit wat ons al gedoen het of nie gedoen het nie. Tog wys Paulus se lewe dat niks by die Here onmoontlik is nie. Hy verander hom van vervolger na volgeling. Jesus roep hom en vir my en jou op die naam.

Neem ’n oomblik van stilte
Dink na dat Jesus jou op die naam ken.
Weet dat niks Jesus verhinder om jou te ken nie. Hy nooi jou in verhouding met Hom. Hy roep jou!

Gebed
Here Jesus, U ken my op die naam. Dis soms te groot vir my. Dankie dat ek U kan volg. Mag ek aanhou om op U stem te reageer. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika