Vrydag 3 September

Job 6:11-14
11“Het ek nog die krag om dit uit te hou? Kan ek nog geduldig op my einde wag? 12Is ek dan so sterk soos klip, is ek van brons gemaak? 13Self is ek tot niks in staat nie. Ek weet nie meer raad nie.

Om oor te dink:
Gebed is ook om rou en eerlik met God te kan wees. Job herinner ons dat ons selfs min woorde in gebed kan bring. Dat God regtig 'okay' is met dit wat ons tans beleef of ervaar. En dat ons dit nie in gebed hoef weg te steek nie. Probeer vandag in jou gebed rou en eerlik met God wees.

Gebed
Here, U sien dwarsdeur my.
U ken my deur en deur.
Vandag wil ek graag eerlik kan deel dat…
Dit frustreer my dat…
En ek vertrou U vir…
In Jesus Christus se Naam alleen
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika