Markus 1:9-11

9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10 Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos 'n duif na Hom toe sien neerdaal. 11 Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Hierdie is ’n aangrypende toneel in Markus. Aangrypend, want die Koning waarvan in vers 1 geskryf word, word aan die leser voorgehou as God; Vader, Seun, en Heilige Gees.
God se volk het verwag dat Hy hulle sélf gaan kom red. Die profete in die Ou Testament het belowe dat dit ’n Seun sal wees. Die belofte is ook in die Ou Testament gemaak dat hierdie Seun ’n gesalfde Koning sal wees, een in wie God deur Sy Gees wandel.
In drie verse bevestig Markus al hierdie: God het inderdaad mens geword. Hierdie ís die Seun. Hy is ongetwyfeld die gesalfde Koning, want die Heilige Gees het sigbaar op Hom neergedaal. Om seker te maak daar is geen onduidelikheid hieroor nie, praat God self, en bevestig dit alles.
Hierdie is een van twee keer wat God self aangehaal word in die Nuwe Testament. ’n Pa wat sy liefde en vreugde oor Sy seun bevestig, aangrypend!

Om oor te dink

  • Verbeel jou vir ’n oomblik jy was daardie dag by die Jordaanrivier. Hoe sou jy dit ervaar het?
  • Wat ervaar jy as jy aan God dink as ’n liefdevolle Vader?

Om oor te bid

  • Sê vir God dankie dat Hy Sy beloftes gehou het, en mens geword het sodat ons gered kan word.
  • Vra vir God om Homself aan jou te openbaar as ’n liefdevolle Vader, en jou te herinner dat jy altyd, ongeag van jou lewensfase, ’n geliefde kind van Hom is.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika