Handelinge 20:32-36
32Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. 33“Ek het niemand se geld of klere begeer nie. 34Julle weet self dat ek vir myself en vir die mense wat saam met my was, gesorg het deur met hierdie twee hande van my te werk. 35Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” 36Nadat Paulus dit gesê het, het hy saam met hulle almal gekniel en gebid. 37Almal het baie gehuil en hom omhels en gesoen. 38Hulle was veral hartseer omdat hy gesê het dat hulle hom nie weer sou sien nie. Daarna is hulle saam met hom na die skip toe.
rou VRAE:
rou OEFENING:
rou GEBED:
Here, help my om bewus te wees van die swaarkry om my. Veral wanneer dit swaar gaan met mense wat altyd gee en dien. Here, help my om nader aan hulle te beweeg. Here, wys my wat nou belangrik is in hierdie lewe. Here, help my om nie stil te bly nie maar juis te help waar ek kan.
Amen