*Jesaja 9:5-6*
_Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg._
*Om oor te gesels:*
- Wat is hoop? Die mense van die antieke tyd het gehoop vir ‘n verlosser. Waarvoor het hulle gehoop? Wat het ‘n verlosser behels?
- Hoe het Jesus gekom om die verlosser te wee? Hoe was Jesus anders as dit waarvoor die mense gehoop het?
- Waarvoor hoop jy? Hoe vervul Jesus jou hoop hierdie Kers seisoen?
*Prakties*
Gooi water Balonne. Speel buite met water Balonne. Gooi vir mekaar die ballon. Begin lekker naby aan mekaar. Elke keer wat jy die ballon gevang het, moet jy ‘n treë terug gee. Kyk hoe ver julle kan staan voordat julle nie die ballon kan vang of gooi nie.
Wanneer het jy die meeste hoop gehad dat julle die ballon sal raak vang? Wanneer was dit die moeilikste om hoop te hê dat almal die ballo sal vang?
*Gebed:*
Here van my lewe, help my om vas te hou aan gebed, om in U Woord te vertrou en in alle omstandighede getrou U te volg.
Here, herinner ons dat ons Hoop in U nooit ‘n fout is nie, dat ons vertroue en geloof sal toeneem soos ons vrese en bekommernisse sal afneem.
Here, help ons om ‘n lig vir die wêreld te wees vir almal wat in nood verkeer. Help ons om ‘n voorbeeld te wees van liefde en sagmoedigheid. Mag ons getuies wees van U genade en glorie.
Amen