Matteus 28:8
“Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.”
Om oor te gesels en te dink
Die Matteus-evangelie verskil uiteraard met die oorspronklike ‘oop’ einde van Markus. Hier is die vroue ook bang, maar hulle hardloop om die dissipels van die opstanding te gaan vertel. Die opstanding van Jesus verander alles en is so lewensveranderend dat hulle hardloop. Dat ons vandag ook geroep word om te ‘hardloop’, om dringend die Goeie Nuus te deel.
Wie het vandag dringend nodig om van die opstanding herinner te word? Soms is dit nie net mense wat nog nooit van die opstanding gehoor het nie, maar gelowiges wat herinner moet word: Jesus leef. En daarom leef jy. Wie in jou leefwêreld het vandag nodig om hierdie weer te hoor? Hardloop en deel dit!
Gebed
Here, U opstanding is lewensveranderend. Dit roep ons tot aksie, nie uit skuldgevoel nie, maar omdat ons nie anders kan nie: U leef. Wys my asb. wie vandag nodig het om herinner te word dat U opstanding ook opstanding vir hom/haar in vandag se tyd beteken. Amen.