Vrydag 9 Junie 2023

Hebreërs 10:19-22
“*Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water._”

Om oor te gesels en te dink
Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het die voorhangsel in die tempel van bo tot onder geskeur (Markus 15:38). Dit was die teken dat ons vrye toegang tot God gekry het. Meer nog, Jesus is die groot Hoëpriester wat vir ons hierdie vrye toegang gee. Ons kan dus met ’n opregte hart tot God nader en weet dat Hy daar is. Ons is gereinig en hoef nie meer skuldig te voel nie. Jesus Christus het dit vir ons elkeen moontlik gemaak.
Ons moet hierdie vrye toegang met ope arms ontvang en nie dink ons is dit nie waardig nie. Jesus het juis vir ons almal kom sterf om hierdie toegang moontlik te maak. Jy kan met vrymoedigheid tot God nader.

Gebed
Here God, dankie wat U deur die bloed van Jesus vir my vrye toegang tot U gegee het. Ek verstaan dit nie altyd nie, maar ek volg U. Dankie dat U vir my lief is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika