Psalm 37:3
“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.”
Om oor te gesels en dink
Psalm 37 sê vir ons dat in plaas daarvan om jou die heeltyd oor ander dinge te ontstel, ons eerder op die Here moet vertrou en doen wat goed is. Om te doen wat goed is, beteken om dit wat ons kan doen te doen. Ons kan met dit wat ons het, ’n verskil maak. Wanneer ons met hierdie ingesteldheid leef, kan ons rustig woon en werk. Om hierdie vers prakties te maak, help die bekende gebed ons: “Here, wys my wat ek kan verander, wys my ook wat ek nie kan verander nie. Gee my die wysheid om dit te kan onderskei.”
Kom ons vertrou die Here met dit wat ons kan verander. Laat ons doen wat goed is. Dit mag iets kleins wees. Mag ons rustig woon en werk.
Gebed
Here, ek wil vandag doen wat hierdie Psalm vra. Ek wil U vertrou en doen wat goed is. Mag ek vandag rustig woon en werk en U daarmee eer. Amen.