Klaagliedere 3:28-33
“28 Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, 29 laat hy hom diep verootmoedig – miskien is daar hoop – 30 laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.
31 Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie; 32 as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: 33 dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.”
Om oor te gesels:
Ons sukkel om geduldig op die Here te wag en dit laat ons baie keer hopeloos voel. Jeremia ontdek dat ons ons voor die Here moet kom verootmoedig. Hy maak erns met dit wat hom pla en bring dit na die Here toe, selfs die swaarkry wat ander mense aan hom doen.
Dan maak hy hierdie verrassende geloofsverklaring: “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie!” God se liefde en ontferming triomfeer oor ons swaarkry en hooploosheid.
Hierdie is seker een van die moeilikste dinge om te verstaan of te verklaar, maar ons kan vandag vashou aan die Here se liefde en trou wat nooit ophou en elke dag nuut is. Die Here ontferm Hom weer, want Sy liefde is groot.
Gebed
Here, dankie vir U liefde. Al kry ek swaar en voel ek hopeloos, is U altyd daar. Help my vandag om U liefde opnuut weer raak te sien en te ervaar. Amen.