Openbaring 2:12-17
Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom 'n wit steentjie gee met 'n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.” (Opb 2:17)

Om oor na te dink en gesels:

  • Pergamum was die amptelike hoofstad en was daar baie keiseraanbiddding en afgodsfeeste.
  • Dit was nie maklik om ’n Christen in Pergamum te wees nie. Hulle het baie swaar gekry en gely. Daar is geweldige druk op gelowiges geplaas om kompromieë aan te gaan of selfs hulle geloof af te lê.
  • Daarom word hulle aangemoedig om die regte ding te doen en hulle van die verkeerde dinge te weerhou.
  • Twee beloftes bemoedig hulle: Die eerste is die “verborge manna” wat beteken dat die Here in hulle behoeftes sal voorsien en herinner aan Jesus wat die “lewende brood” (Joh 6:51) is. Die tweede belofte is die “wit klippie” wat ’n uitnodiging na die ewige fees saam met God is. Dit herinner aan Jesaja 43:1 dat die Here ons op ons naam ken. Jy is vir hom kosbaar.

Gebed:
Here, dankie dat U my op die naam ken. Dankie dat U ons nooit alleen laat nie. Dankie vir U beskerming. Help my om nie kompromieë aan te gaan nie, maar U in alles te eer met wat ek doen en sê. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika