Woensdag 13 Julie 2022

Jesaja 61:2-3
“om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.”

‭‭ Om oor te gesels of dink:
Die belofte wat Jesaja vir die volk gee word verder uitgebrei. In hulle moedeloosheid gaan God eer gee in plaas van smart. Die 1953 vertaling sê ”sieraad vir as”). Dit ‘n kragtige metafoor dat die Here “as” in iets moois kan verander, amper ‘n kunswerk kan vorm. As vorm as iets brand en vernietig word.
Ons “as” kan ons moedeloos laat, maar die Here word nie onkant betrap nie. Hy vorm iets kosbaars daarmee. Michael Beck noem dit “painting with ashes.”
Jou “as” kan vir iemand om jou baie beteken, net soos wat iemand anders se “as” jou kan help. Die Here is besig om iets besonders te doen.

  • Hoe dink jy oor jou situasie? Jou “as”?
  • Glo jy dat die Here dit ook in ‘n kunswerk kan verander? Jou nuwe perspektief gee?
    Vra die Here om jou dit te laat ontdek.

Gebed
Here, ek voel soms oorweldig oor my situasie en my “as”. Sal U my “as” in ’n kunswerk verander. Dankie vir hierdie belofte dat U met my besig is en bly. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika